Boekhouding | Besigheid | Persoonlike Groei

Vir vroue wat weet daar is méér vir hulle.

Jy hoef nie jou hele lewe uitgefigure te hê om weer te begin nie.

Ek is Rolene — boekhoudingsmentor, skrywer, entrepreneur en 'n vrou wat op 38 besig is om haar lewe en besigheid van voor af te herbou.

Hier deel ek die eerlike stories, praktiese lesse en eenvoudige strategieë wat ek onderweg leer oor geld, besigheid, persoonlike groei en die moed om 'n lewe te bou wat werklik soos jóúne voel.

As jy voel daar is meer vir jou, is jy op die regte plek.

Skryf in vir my gratis e-posse en ontvang praktiese inspirasie oor geld, besigheid en persoonlike groei — direk in jou inbox.

Geen perfekte Facebook-lewe nie.

Geen “word oornag suksesvol”-beloftes nie.

Net eerlike gesprekke, praktiese kennis en 'n vrou wat self besig is om dit uit te figure.

Hoekom doen ek dit?

Omdat ek weet hoe dit voel om op 'n punt te kom waar jy besef:

“Ek wil hê my volgende hoofstuk moet anders wees.”